Bblog
B staan vir Sherriff…

Nie net koppies breek nie

the_broken_heart1.jpgEk het vinaand n fliek gekyk wat my so onseker laat voel het soos wat lanklaas gevoel het. Mens kan net so sleg voel vir iemand voordat dit begin eet aan die onderste gedeelte van jou maag, jy weet, dit voel asof jy n nommer 2 in reverse doen. As mens so sleg voel dat jy skuldig voel dat jou sokkies net een gat in het, dan raak dit daardie irriterende gevoel wat jy net wil wegmaak, nie wil meer voel nie, nie meer van wil weet nie. Mens se hart is dalk n spier, maar as mens se hart breek, nee, selfs net kraak, dan is dit baie erger as jy enige ander spier in jou liggaam trek of skeur. Gebroke bene word reggemaak, dit word gesond, gebroke harte los slegte, diep merke.
Gelukkig, soos baie in die lewe, is jou hart iets wat jou die slegste kan laat voel en die beste kan laat voel. As jou hart blom, dan blom hy soos in die ou dae!!! As jy opstaan en voel asof iemand jou heel aand met n veer van vreugde en tevredenheid gekiellie het, en jy opstaan en die eerste ding waaraan jy kan dink is juis die aspek in jou lewe wat jou so gelukkig maak, dan sal jy weet waarvan ek praat!!
So aan almal met gebroke harte, sterkte en byt vas, daardie lig aan die einde van die tonnel waarvan hulle altyd praat, dis jou mooiste droom wat daar sit met n flits en jou aanhits om gelukkig te wees!!

3 Responses to “Nie net koppies breek nie”

  1. Watse fliek het jy gekyk?
    BLy jy word so meegevoer.;-)

  2. WOW……..

  3. Ja nee wragtag! Se^ vir ons wats die fliek se naam sodat ek dit beslis ‘n mis kan gee. Hoop jy voel beter. :-)


Leave a Reply