Ek het vinaand n fliek gekyk wat my so onseker laat voel het soos wat lanklaas gevoel het. Mens kan net so sleg voel vir iemand voordat dit begin eet aan die onderste gedeelte van jou maag, jy weet, dit voel asof jy n nommer 2 in reverse doen. As mens so sleg voel dat jy skuldig voel dat jou sokkies net een gat in het, dan raak dit daardie irriterende gevoel wat jy net wil wegmaak, nie wil meer voel nie, nie meer van wil weet nie. Mens se hart is dalk n spier, maar as mens se hart breek, nee, selfs net kraak, dan is dit baie erger as jy enige ander spier in jou liggaam trek of skeur. Gebroke bene word reggemaak, dit word gesond, gebroke harte los slegte, diep merke.
Gelukkig, soos baie in die lewe, is jou hart iets wat jou die slegste kan laat voel en die beste kan laat voel. As jou hart blom, dan blom hy soos in die ou dae!!! As jy opstaan en voel asof iemand jou heel aand met n veer van vreugde en tevredenheid gekiellie het, en jy opstaan en die eerste ding waaraan jy kan dink is juis die aspek in jou lewe wat jou so gelukkig maak, dan sal jy weet waarvan ek praat!!
So aan almal met gebroke harte, sterkte en byt vas, daardie lig aan die einde van die tonnel waarvan hulle altyd praat, dis jou mooiste droom wat daar sit met n flits en jou aanhits om gelukkig te wees!!
Nie net koppies breek nie
Inzi het vandag sy laaste eendag wedstryd kolfbeurt betree teen Zimbabwe. Van die oomblik wat hy op die veld getree het kon mens sien hy speel asof dit sy laaste wedstryd was. Hy het vanaf die eerste bal sy merk gemaak en sesse links en regs gemoker. Viere was iets wat aan die orde van die dag was. Die emosie van die oomblik het hom egter oortref en hy het die 35ste bal wat hy ontvang het reg in die lug opgeslaan en die veldwerker op middebaan het hom uitgevang nadat hy alreeds 37 lopies gemaak het. Dit was n briljante vangskoot, maar baie van ons het gemeen ons sou dalk daardie bal met opset misgevang het. Wat n groot oomblik was dit egter nie vir daardie jong speler van Zimbabwe toe hy die legende wat Ul-Haq is uitgevang het nie. Inzi het die veld verlaat met die hele stadion op hul voete. Nie gejuig uit blydskap van die paaltje nie, maar uit totaal en al respek vir een van die grootste krieketspelers wat nog geleef het. Al die spelers van die Zimbabwe span het soos n rooi plaag op hom toe gesak om hom vaarwel te gee, maar met die grootste respek denkbaar. Terwyl ons almal sit met n knop in ons keel, vasgenaal voor die televisie, stap Inzi af terwyl hy n traantjie pink. Sy hele span ontmoet hom by die voet van die trappe wat hy vir die laaste keer ooit sou stap.
Ons almal se krieketgeheue is vol van oomblikke waarin ou Inzi betrokke was. Wie sal dan nou ooit die ongelooflike uithardloop van ons eie Jonty Rhodes vergeet toe hy soos n pasgevuurde koeël deur die paaltjies geduik het om ontslae te raak van Inzi in die 1995 Wêreldbeker. Die oomblik was soveel soeter a.g.v. die feit dat dit juis Ul-Haq, n krieket reus, was wat uitgehardloop is. Ek dink egter hy word deur die wêreld onthou vir sy vreeslose kolftegniek, die manier hoe hy krieket laat maklik lyk het (wat almal van ons wat dit speel weet dit is nie) en sy sagte, goeie geaardheid.
Ek groet vir Inzi, n legende van ons era en iemand wat altyd sal onthou word en altyd in die toekoms gepraat sal word oor. Vele kere in die vêrre toekoms sal mense nog vra ,”Onthou jy nog vir Ul-Haq?”, en dan sal al die stories van hierdie man ooploop. Namens die hele krieketgemeenskap van die wêreld, dankie Inzi, jy het ons krieket vir ons kleur gegee!!!
Die vlakte lê wyd en kaal.
Iewers sit n bul, n koei op n paal.
Met n harde geplof, donner die kalf in die stof.
Met n grote genoë, vee hy die kak uit sy oë.
Iewers is n blanke man besig om die Afrikaanse taal
diep uit n wit hoender se poepol te haal.
Alle eer aan Ragetjie de Beer.
Jan F. Nel Ciliers


